Mense vies ná jagluiperd gejag is

2011-11-23 09:02
Tweets Share Share line Print

Namibiërs is ongelukkig oor die jag van ’n tamaai jagluiperd, glo die grootste wat nog ooit gejag is.

Johan van der Westhuizen van Alberton het die jagluiperd op 22 April in Khomas, Namibië, ná ’n jagtog van etlike uur doodgeskiet.

“Ek het geweet dit is ’n groot kat, maar het nie besef dit sal ’n nuwe wêreldrekord wees nie,” het Elaine Coetzee, ’n professionele jagter van CEC Safaris, gesê. Sy het Van der Westhuizen begelei.

Die jagluiperd is volgens die Internasionale Safariklub (SCI) vir jagters die grootste wat tot nog toe wêreldwyd gejag is.

“Die kat se grootte word gemeet van die agterkop se verste punt tot die punt van die bokaak, en dan ook oor die wydte van die kop. Die syfers word bymekaar getel.

“Die vorige rekord vir ’n jagluiperd was 368 cm en hierdie een was 375 cm. Sy kop was omtrent dieselfde grootte as ’n volwasse luiperdmannetjie s’n,” het Coetzee verduidelik.

Volgens haar moes hulle maande wag om te hoor of dit ’n nuwe rekord is. Hulle is op 7 November ingelig dit is wél volgens die SCI ’n nuwe wêreldrekord.

Lesers van die Namibiese koerant die Republikein, asook omgewingskenners, het beswaar gemaak nadat ’n foto van die jagluiperd op 27 Oktober op dié koerant se voorblad gepryk het.

Onder hulle was die bekende omgewingsbewaarder Peter Cunningham. Hy is ook die voorsitter van die Namibiese Omgewing-en-natuurlewevereniging (News).

Estelle de Bruyn, redakteur van die Republikein, het gesê hulle het meer as 14 briewe ontvang waarin lesers negatief gereageer het.

Hulle het meestal gekla dat dit “jag sonder ’n doel” is, want die dier is nie vir sy vleis gejag nie, maar net vir ’n trofee.

Coetzee het gesê jagluiperds is nie bedreig in Namibië nie.

“As ons nie toegelaat word om jagluiperds en luiperds op ’n georganiseerde manier te jag, wat hulle ’n waarde gee nie, gaan hulle deur boere uitgeroei word omdat hulle problematies is.” 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: dierebeskerming  |  jagluiperds  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Rocky sê... ............"onderste" helfte!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Jazz 1.4 i-DSI 5-dr
2006
R 126,995.00

FIAT

PALIO 1.2EL 5Dr
2004
R 63,800.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.4
2007
R 114,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.