Mense speel teen rekenaar in vasvrakompetisie
2011-02-16 21:53
Washington – ‘n Rekenaar wat komplekse taal kan verstaan en daarop reageer, het twee mense tydens ‘n vasvrakompetisie op Amerikaanse TV aangevat, berig SkyNews.
Die rekenaar, genaamd “Watson” is deur IBM ontwikkel.
“Watson” het die TV-program Jeopardy se mees suksesvolle deelnemers, Ken Jennings en Brad Rutter, die stryd aangesê.
Sover doen Watson goed, maar hy kon dit nog nie regkry om sy menslike teenstanders te wen nie.
Daar is nog twee fases van die kompetisie oor voordat die algehele wenner aangekondig kan word.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.