Meer seks hou bejaardes gelukkig
2011-11-21 16:34
New York – Bejaardes se seksuele verhoudings het ‘n merkbare invloed op hul geluk in die lewe en die huwelik, het ‘n nuwe studie bevind.
‘n Studie van 238 Amerikaners ouer as 65 het bevind 60% wat meer as een keer per maand seks gehad het, was gelukkig teenoor 40% wat nie in die afgelope jaar seks gehad het nie.
“Om die verhouding tussen seks en geluk te beklemtoon kan help met die ontwikkeling van spesifieke intervensies vir hierdie groeiende deel van die bevoling,” het die hoofnavorser Adrienne Jackson van die Landbou- en Meganika-universiteit in Florida, Amerika gesê.
Haar navorsing is voor ‘n vergadering van die gerontologiese vereniging van Amerika voorgelê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.