Meditereense kos goed vir die brein
2010-02-09 20:38
Kaapstad - ‘n Meditereense dieet mag dalk help met breinskade wat lei tot probleme met denke en geheue, het ‘n studie deur die American Academy of Neurology bevind.
Mense wat meestal Meditereense kosse eet, is minder geneig tot gestorwe breinweefsel wat lei tot probleme met denkvaardighede sowel as geheue verlies.
‘n Meditereense dieet sluit baie groente, peulplante, grane, vis en gesonde olies soos olyf olie in.
Mense wat ‘n Meditereense dieet volg eet ook min versadigde vette, suiwelprodukte en vleis.
Hulle alkoholinname is ook matig.
Kliek hier vir die volledige berig.