Medikasie vir borskanker verloor goedkeuring in VSA
2011-11-21 23:08
Londen – Die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) het die goedkeuring van gewilde medikasie vir borskanker teruggetrek.
Die medikasie, Avastin, is in 2008 in Amerika goedgekeur, maar Britse owerhede het gesê die risiko verbonde aan die medikasie is groter as die beweerde gesondheidsvoordele wat daaraan verbind word.
Navorsers het bewys dit verleng nie pasiënte se lewens nie en dit verbeter nie hul lewensgehalte nie, het die FDA se kommissaris, Margaret Hamburg, gesê.
Avastin sal egter steeds gebruik word om ander kankers te behandel.
Newe-effekte soos uiters hoë bloeddruk, bloeding, hartaanvalle en skeure in die maag word met die medikasie verbind, het die FDA bevind.
“Met so baie op die spel steun pasiënte en dokters op die FDA om seker te maak die medikasie wat hulle gebruik is veilig en effektief,” het Hamburg gesê. “Soms is die resultate van deeglike toetse teleurstellend.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.