Mbeki skepties oor Twitter
2012-01-17 10:01
Kaapstad – Oudpres. Thabo Mbeki het gesê hy is skepties oor of die sosiale netwerk Twitter betroubare kennis deeglik oordra.
Mbeki het gereageer op 'n vraag nadat hy 'n toespraak by die Universiteit van Stellenbosch se sakeskool gemaak het.
Hy het gesê hy dink nie die sosiale netwerkfunksie is geskik om kennis te bespreek wat vir die verbetering van die samelewing bedoel is nie.
"Indien jy kennis wil bespreek wat te doen het met die verbetering van die samelewing, dink ek nie die sosiale newerk is geskik nie.
"Selfs die internet in die algemeen en om te blog."
Volgens Mbeki het die media steeds baie invloed in Suid-Afrika.
"Die media speel 'n baie belangrike rol vir die oordrag van daardie inligting," het hy gesê.
"Veral waar lesers volle vertroue in die media het, so hulle dink dan as die inligting van die koerant af kom is dit die waarheid."
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA