Mark Zuckerberg eet net vleis wat hy self jag
2011-05-27 22:59
New York – Die Facebook-stigter Mark Zuckerberg se nuwe dieet is nie vir almal nie: Hy eet net wat hy self jag.
“Ek het vanjaar basies ‘n vegetariër geraak, aangesien die enigste vleis wat ek eet van diere wat ek self jag kom,” het hy gesê.
Zuckerberg se dieet is een van vele “persoonlike uitdagings” wat hy gereeld aanpak om homself dissipline te leer. Verlede jaar het hy Chinees probeer baasraak en nou kyk hy mooi na wat hy eet.
“Mense het vir my gesê al is hulle lief vir varkvleis, wil hulle nie graag dink aan die vark wat eens gelewe het nie,” het hy gesê. “Dit het vir my onverantwoordelik gevoel.”
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.