Mans kry ook babakoors
2011-09-12 13:17
Londen – Wetenskaplikes het bevind vroue wat met verlange aan babaklere ruik aan babakoors ly en dat mans boonop nie daarteen immuun is nie.
Navorsers het bevind dat babakoors wel bestaan en mans wil net so graag 'n kleinding sy eie noem
‘n Studie het bevind beide mans en vroue verlang na ‘n pienkvoet, maar op verskillende tye in hul lewens.
Die navorsers het gesê troukoors vang mans veel later in hul lewens wanneer hul liggame vir hul sê hulle jare raak min.
Vroue se belang in babas raak egter al minder soos die jare aanstap.
“Mans en vroue se belangstelling in kinders van hul eie kom oor tyd by een punt bymekaar,” het die navorser en sielkundige Gary Brase gesê.
Brase se drie studies het bevind alhoewel mans en vroue op verskillende tye in hul lewens kinders wil grootmaak, ly toekomstige mammas en pappas in hul 30’s albei aan babakoors
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.