Man wat Jesus help kruisig se adres bekend
2011-09-01 10:19
Tel Aviv – ‘n Inskrywing in ‘n antieke doos wat diewe drie jaar gelede gebuit het bewys dalk die inhoud daarvan het aan ‘n figuur behoort wat by die kruisiging van Jesus betrokke was.
Die doos, of urn, is in 1990 gevind, maar Yuval Goren van die Tel Aviv-universiteit en Boaz Zissu van die Bar Ilan-universiteit kon dit eers onlangs as eg verklaar.
“Die inskrywing is sonder twyfel eg,” het Goren in ‘n verklaring gesê.
In die Bybelstorie wat Jesus se kruisiging uitbeeld word ‘n Joodse priester met die naam Kajafas genoem.
Hy het glo ‘n komplot gereël om Jesus te vermoor.
Kajafas word drie keer in die inskrywing genoeem. Die konteks rondom drie verwysings na hom het dit vir navorsers moontlik gemaak om sy plek in sy familiestamboom te verstaan.
Die inskrywing in die doos sluit ook die adres van Kajafas se familiewoning in.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.