Man vind dronk Amerikaanse eland in 'n appelboom
2011-09-08 19:52
Stockholm – ‘n Verbaasde Sweed het op ‘n dronk Amerikaanse
eland afgekom wat in sy buurman se appelboom verstrengel was.
Per Johnson (45), sê hy het Dinsdagaand ‘n
gebulk gehoor uit sy buurman se tuin en gaan ondersoek instel.
Sy buurman was met vakansie.
In die tuin het hy die Amerikaanse eland
aangetref, verstrengel in ‘n appelboom.
Die dier het waarskynlik gegiste appels
gevreet en was beslis onder die invloed van alkohol.
Hulle moes van die boom se takke afsaag om die
dier te bevry.
Daarna het sy by Johnson se tuin ingewandel,
waar sy die res van die week herstel het.
Ander inwoners van Saro, ‘n woonbuurt van
Goteborg, het gesê dat hulle ook die dier gewaar het.
Johansen sê die dier het “siek, dronk of
dommerig” voorgekom.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP