Man vas ná hy bekendes se Twitter-rekeninge teiken

2010-03-25 23:44
Tweets Share Share line Print

Parys – ‘n Werklose Fransman is in hegtenis geneem nadat hy die Twitter-rekeninge van die Amerikaanse president Barack Obama en die sangeres Britney Spears geteiken het, het die Franse polisie Woensdag gesê.

Volgens kpt. Adeline Champagnat, ‘n senior lid van die polisie se kubermisdaadeenheid, het die 25-jarige man toegang tot die wagwoorde van Twitter administrateurs gekry en hulle gebruik om die rekeninge van Amerikaanse politici en sterre te probeer kraak.
 
“Hy het nie in hul persoonlike rekeninge gekom nie, maar hy het beheer oor Twitter gekry,” het sy aan Reuters vertel.

Volgens Champagnat het die FBI verlede Julie die Franse polisie in kennis gestel dat een of meer mense probeer het om toegang tot Twitter te kry en het beheer oor die sosiale netwerk gekry. Hierdie het die kuberkrakers in staat gestel om rekeninge te skep en uit te vee asook om vertroulike inligting te steel.

Die kuberkraker, wat aanlyn as HackerCroll bekend staan, is in die Franse stad van Clermont Ferrand in hegtenis geneem.

Volgens Champagnat was die man, wat al voorheen internetbedrog gepleeg het, aangemoedig deur die opwinding van die uitdaging om die rekeninge te kraak.

Hy was ook glo meer geïnteresseerd in die private lewens van sy slagoffers as om sensitiewe data te kry.

“Sy doel was nie om geld te maak nie. Sy doel was eenvoudig om te wys dat hy die vermoë het om toegang tot die rekeninge van Twitter-lede kan kry,” het sy gesê.

- Reuters
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: twitter  |  kubermisdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Rocky sê... ............"onderste" helfte!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 189,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.