Man vas na "bitter" e-pos
2009-08-21 11:08
Jerusalem – Die internetpolisie het 'n man vasgetrek ná hy 'n bomdreigement met sy eks se naam per e-pos aan ‘n lughawe gestuur na sy hom afgesê het.
Dié e-pos het dienste by die Omsk-lughawe in Siberië vir ure lank lamgelê.
Russiese ondersoekbeamptes het gou besef dat die vrou niks te doen gehad het met die e-pos wat op 6 Augustus gestuur is nie.
Interpol het die polisie in Israel gevra om die saak te ondersoek, het die Maariv Vrydag berig.
‘n Eenheid wat spesialiseer in kubermisdaad, het ‘n werklose, internetverslaafde man in sy twintigs oorspronklik van Omsk opgespoor.
Die man het erken dat hy die vrou te na wou kom wat hom afgesê het.
– Sapa-AFP