Man span Facebook-tegnologie in om liefde te vind
2011-04-21 11:32
New York - Ontmoet vir Matt Simpson, ‘n 30-jarige man van Arizona. Hy soek sy lewe lank al na jou, of iemand baie soos jy.
Simpson, 'n rekenaarfoendi, gebruik die uiters spesifieke gebruikersdata beskikbaar aan adverteerders op Facebook om advertensies te plaas om die liefde van sy lewe te vind.
Dié sosiale netwerk maak dit vir adverteerders moontlik om gebruikers se belangstellings, voorkeure, nukke en grille in ag te neem om spesifieke groepe met advertensies te teiken.
Simpson gebruik dié tegnologie nou om sy droomvrou te vind.
Sy droomdame moet glo hou van dinge soos joga, meditasie en boeke deur geestelike skrywers.
Teen sowat R5 per kliek kos sy advertensie hom waarskynlik minder as wat een op 'n gewone webtuiste vir enkellopendes sou.
Tot dusver het Simpson sowat R135 spandeer.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.