Man se brein 'per ongeluk' verwyder
2011-08-24 22:01
Londen – ‘n Voormalige paramediese personeellid het 'n eis vir vergoeding by Brittanje se algemene mediese raad ingedien ná ‘n deel van sy brein tydens ‘n operasie verkeerdelik verwyder is.
John Tunney van Birmingham het permanente breinskade opgedoen toe chirurge van die Nasionale Gesondheidsdiens (NHS) sy brein onnodig opereer het.
Tunney (63) het in 2008 mediese behandeling gesoek toe ‘n gewas op sy pituïtêre klier gevind is.
Tydens die operasie by die Walsgrave-hospitaal in Coventry het die chirurg egter ‘n gesonde deel van sy brein, in plaas van die gewas, verwyder.
Tunny, wat eens vir die West Midlands se ambulaansdiens gewerk het, is deels blind gelaat en hy benodig ten alle tye versorging.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.