Man met 90 kg-gewas binnekort verlos
2011-08-24 21:38
Hanoi – ‘n Groep Amerikaanse dokters gaan help om ‘n
kankergewas wat 90 kg weeg van ‘n Vietnamese man se been te verwyder.
Die kankergewas groei al sy hele lewe lank op die 31-jarige man se regterbeen en is nou al meer as 'n meter breed.
Veertien jaar gelede is sy been by die knie
afgesny, maar selfs dit het nie die kankergewas se groei stopgesit nie.
Die kankergewas het DuyHai se ruggraat verdraai
en sy asemhaling en bloedsirkulasie is ook deur die reuse-gewas belemmer.
MaKay McKinnon, ‘n plastiese chirurg, en vier
ander dokters sal in Oktober na Viëtnam reis om die operasie uit te voer.
Die operasie, wat sowat 14 ure sal duur, is
baie gevaarlik, aangesien die gewas deur hoofare gevoed word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA