Man in ernstige toestand ná pofadderbyt

2010-03-03 07:31
Tweets Share Share line Print

Jana Engelbrecht

Petrusburg – ’n Man (27) wat vermoedelik gif in die veld gespuit het, is in ’n ernstige toestand in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein nadat hy deur ’n pofadder gebyt is.

’n Dokter by dié hospitaal het Dinsdag gesê Gert Rossouw is in ’n stabiele toestand.

“Ons hou net die been vir infeksie dop,” het die dokter gesê.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911 in die Noord-Kaap, het gesê Rossouw is Dinsdagoggend op die plaas Spitkop tussen Petrusburg en Kimberley gebyt.

“Hy het glo gif in die veld gespuit toe die pofadder hom aan sy regterbeen gebyt het.

“Boere in die omgewing het hom na die Petrusburg-kliniek gehaas.

“Netcare 911 is na die kliniek ontbied en het hard gewerk om Rossouw te stabiliseer.

“Paramedici het hom na die Netcare-Pelonomi-hospitaal gebring.”

Botha het gesê ’n pofadder is gewoonlik so 90 cm lank, maar kan tot 1,4 m groei. Dit is ’n kort slang met ’n driehoekige kop. Die slang sis en pof op as hy gepla word.

“Dié slange word gewoonlik op die grond gekry en is baie aktief nadat die son gesak het.

“Die slang se byt is giftig en beskadig jou selle. Dit veroorsaak die vernietiging van bloedvate en weefsel,” het Botha gesê.

Die byt van dié slang is gewoonlik pynlik en word gevolg deur hewige swelling en interne bloeding. Dit kan ook die verrotting van weefsel veroorsaak.

Dr. Rod Douglas van die herpetologie-afdeling van die Nasionale Museum in Bloemfontein het gesê die byt van ’n pofadder is nie gewoonlik dodelik nie.

“Slegs in 5% tot 10% van gevalle waar ’n mens deur ’n pofadder gebyt word, is die byt noodlottig.

“Die probleme wat weens die byt ontstaan, is meestal weens nalatige mediese behandeling.”

Hy het gesê die pofadder is verantwoordelik vir die giftigste byte, veral omdat hulle nie baie beweeg nie.

“Hulle lê meestal stil en ’n mens sien hulle nie.”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

estelle.visagie sê... Jammer klein Kunda'tjie ............ Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 77kW 5-dr MY10
2010
R 165,000.00

FORD

Bantam 1.6i XLE PU MY09
2009
R 134,900.00

FORD

Ikon 1.3i L
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.