Malema genereer R2 milj. se negatiewe publisiteit
2011-09-02 14:58
Johannesburg – Die bohaai oor Julius Malema se dissiplinêre verhoor by Luthuli-huis het in net een dag negatiewe publisiteit ter waarde van R2 miljoen aanlyn gegenereer.
Só sê die aanlyn-beeldpoetsmaatskappy BrandsEye, wat bekendgemaak het het dat die gebeure by die ANC se hoofkwartiere, Luthuli-huis, 6 826 keer in 24 uur aanlyn genoem is. Dié syfer beteken dit is deur 'n potensiële leserstal van 8 419 565 raakgesien.
“Dit beteken 87% van Suid-Afrikaners met internettoegang het die storie in een of ander vorm gevolg of selfs aan die gesprek deelgeneem,” het die maatskappy gesê.
“Dit het 'n reklamewaarde van R1 945 867.”
“Ongelukkig het meeste verwysings Suid-Afrika nie in ‘n goeie lig gestel nie,” het die maatskappy bygevoeg.
“Dit is ‘n merkwaardig negatiewe beeld wat ons vir ons eie land skep.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.