Malaria-gevalle in SA neem toe
2011-01-31 23:00
Kaapstad – Die Netcare-reiskliniek het kommer uitgespreek oor 'n aansienlike toename in die aantal mense wat die afgelope paar weke malaria opgedoen het.
'n Kliniekdokter, Pete Vincent, sê die meeste pasiënte het gebiede besoek waar die gemiddelde reënval tot warm en vogtig toestande lei.
'n Tiener van Johannesburg, Lumarno van Rooyen, is onlangs met serebrale-malaria gediagnoseer nadat hy in Mosambiek siek geword het.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê meer as drieduisend-400 malaria gevalle is in die malaria-seisoen in Suid-Afrika aangemeld.
Volg Nuus24 op Twitter.