Makers van dié ‘dagga’ moet slae vat

2011-09-13 09:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die handelaar se beweerde onkunde of die feit dat sy produk nie gereguleer word nie, is nie noodwendig ’n verweer indien sy dwelms of medisyne iemand seermaak nie.

So het David McQuoid-Mason, ’n regsmediese kenner van KwaZulu-Natal, gesê in reaksie op berigte oor ’n sintetiese kannabinoïed wat “wettig” in Suid-Afrika verkoop word.

Laboratoriumtoetse by die forensiese toksikologie-laboratorium van die Universiteit van Pretoria op ’n pakkie Magic Dragon wat by legal-highs.com gekoop is, het getoon dit bevat JWH-073, ’n sintetiese kannabinoïed met ’n soortgelyke effek as dagga.

Verkope van JWH-073 en tientalle ander sintetiese molekule is die afgelope maande in Nieu-Seeland, Australië en Amerika verbied.

Suid-Afrikaanse wetgewing verbied dagga en afgeleide produkte daarvan, maar nie JWH-073 nie.

Die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) sê sy komitees met kenners stel ondersoek in.

Volgens McQuoid-Mason kan vervaardigers of spesialis-verkopers van ’n mediese produk, soos ’n apteker, aanspreeklik gehou word as hy versuim om skadelike newe-effekte onder die aandag van die koper te bring en iemand seerkry, selfs al het hy nie daarvan geweet nie.

Produkte soos Magic Dragon word egter op die internet verkoop.

As sulke produkte iemand skaad, sal die gebruiker moet bewys die leke-handelaar weet die produk is skadelik en het versuim om hom te waarsku, het McQuoid-Mason gesê.

“Ek dink as ’n produk in ’n aantal lande verbied is en die newe-effekte daarvan is wyd gepubliseer, sal die verkoper sukkel om te bewys hy het nie geweet dit is skadelik nie.”

Volgens McQuoid-Mason kan ’n verkoper homself nie met ’n kontrak onthef van aanspreeklikheid nie. Legal-highs erken daar is ’n JWH-tipe bestanddeel in sy produk en dat sy middels onwettig is in sekere lande, maar onthul nie presies wat die bestanddeel is nie.

Hulle beweer die produkte is “veilig”. Dierestudies toon egter dit het ’n soortgelyke of sterker effek as dagga.

Volgens McQuoid-Mason is die feit dat die MBR dit nog nie verbied het nie, ook nie ’n verweer nie.

Andy Gray, ’n farmakoloog van die Universiteit van KwaZulu-Natal, sê die MBR se komitee vir medisyneskedulering kan, indien wetgewing nie die produk verbied nie en dit gevaarlik kan wees, die MBR vra om dit te skeduleer.

Die MBR kan dan die gesondheidsminister vra om die skedulering in die Staatskoerant te publiseer. Die komitee het dit glo al gedoen met ander sintetiese dwelmmiddels wat deur die polisie se forensiese laboratoriums by die MBR aangemeld is.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: medikasie  |  gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Rocky sê... ............"onderste" helfte!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 189,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.