Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Mak reptiele laat hulle slange vang

2012-04-08 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Rinkhals, pofadder of kobra op jou voorstoep is nie meer buitengewoon nie – selfs al bly jy in voorstedelike Johannesburg, Kaapstad of Bloemfontein.

En in die Laeveld moet inwoners veral liggies trap vir spoegkobras.

Dís die waarskuwing van Ahmed Nagdee, ’n herpetoloog van ReptiRescue in Johannesburg.

“Voorvalle van slange wat in woonbuurte opgemerk word, neem toe. In die laaste twee jaar het dit landwyd met 28% toegeneem; in Gauteng met tot 34%.”

Nagdee het vanjaar al 15 slange, meestal rinkhalse, met behulp van sy staffordshire-bulterriër, Gizmo, in Johannesburgse woonbuurte gevang.

Gizmo het onlangs gehelp om twee albino-luislange van 3,5m wat aan ’n Sandton-inwoner behoort op te spoor nadat dié “troetelslange” soek geraak het.

Nagdee sê hy het eers jack russells gebruik om slange op te spoor. “Hulle is uitstekende slangvangers, maar probeer altyd die slange doodmaak en kry dan self seer.”

Nou is Gizmo sy slangvanger-vriend.

“’n Staffie se reuksintuig is nie genoeg ontwikkel om slange soseer uit te ruik nie, maar hy het ’n uitstekende vermoë om ’n slang raak te sien.”

Nagdee skryf die voorkoms van uiters giftige slange in woonbuurte toe aan residensiële ontwikkelings wat slange se natuurlike habitat versteur.

Johan Marais, ook ’n herpetoloog en skrywer van A Complete Guide to Snakes of Southern Africa en die meer onlangse What’s That Rep­tile? is besorg oor die toenemende aantal uitheemse troetelslange wat uit hul voorstedelike hokke ontsnap.

“Baie van hierdie slange is giftig en daar is nie die regte teengif (in Suid-Afrika) beskikbaar nie,” sê Marais.

“’n Verdere probleem is as die slange nie opgespoor word nie, kan hulle hul in die natuur vestig en met inheemse slange begin meeding om habitat of hulle selfs met siektes en parasiete besmet.”

Eksotiese slange is ’n groot bedryf, veral in Gauteng waar mense nie ’n permit nodig het om dié soort slange aan te hou nie.

In die Wes-Kaap is die aanhou van eksotiese slange onwettig en troeteldiereienaars moet ’n permit hê vir inheemse slange. In KwaZulu-Natal mag jy eksotiese slange aanhou met ’n permit.

Dink twee keer voordat jy ’n slang aanskaf as troeteldier, sê Nagdee, asook die Dierebeskermingsvereniging (DBV).

“Daar is nie iets soos ’n mak reptiel nie, veral nie slange nie. Hulle sal enigiets doen om te oorleef.

“Daar is selfs mense wat baba-krokodille aanhou en dit dan later in riviere gaan loslaat,” sê Nagdee.

Volgens die DBV se webwerf, www.nspca.co.za, kan mense siek raak van die salmonella-bakterie wat alle reptiele dra.

Boonop vrek tot 90% van wilde reptiele in die eerste jaar in aanhouding weens beserings met hul vangs of omdat daar nie in hul komplekse behoeftes voorsien word nie. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: diere
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Kempton Park - 11:20 AM
    Road name: High Road Southbound
    DELAYS between the R21 Highway Interchange and Pomona Road
  • Friday Paulshof - 10:56 AM
    Road name: Witkoppen Road Eastbound
    SLOW TRAFFIC approaching Stone Haven Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.