'Maer mense proe vet in kos'
2010-03-09 15:15
Londen - Wetenskaplikes het 'n nuwe rede ontdek hoekom mense sukkel om weg te bly van vetterige skyfies, sjokolade en kerrie.
'n Studie wat in die British Journal of Nutrition gepubliseer is, meen dat die smaak van vet 'n respons in die liggaam se stelsel wat die eetlus beheer aanwakker.
Die studie het ook bevind dat mense wat oorgewig is, slegter vaar om die "geur" van vet in kos te proe as mense wat meer selfbeheersing toepas en maerder is.
Navorsers sê die onvermoë om vet te proe beteken hul liggame weet nie wanneer hulle genoeg geëet het nie, en hulle só gewig optel.
– Daily Mail