Madiba-wense aanlyn: SA maak harte oop
2011-01-27 14:31
Kaapstad - Nuuswebwerwe het Donderdag tydens ‘n tekort aan nuus oor voormalige pres. Nelson Mandela se toestand lesers gevra om hul wense aan die vredesikoon te stuur.
“Dit herinner my aan die dag toe jy vry uit die gevangenes gestap het. Ek weet, Tata, dat jy vry uit die hospitaal ook sal stap,” het Elliot op www.iol.co.za geskryf.
Nuus24-lesers is gevra hom foto’s met hul wense aan Madiba in te stuur.
“Sterkte, ons bid vir jou volkome beterskap. Mag ons Hemelse Vader jou versterk en gou gesond maak vir almal wat jou liefhet,” het Driekie op Nuus24 geskryf.
“Madiba, jy het so baie vir ons gedoen, geseënd is jy. Dankie dat jy nie toegelaat het dat ek gestraf word vir die generasies voor my se sondes nie. Dit wys hoe 'n groot man jy is met plek in jou hart vir ons almal. Jy is in ons almal se harte,” het Jana geskryf.
“U is 'n inspirasie vir almal oor hoe om te vergewe en vergeet. Dankie dat u vir my gewys het rassisme is 'n mors van tyd maak nie saak wat die redes is nie,” het Cor geskryf. “As daar een goeie ding uit u leiding kan kom, mag dit wees dat die land se mense sal saamstaan en die land opbou soos wat u dit sou wou hê.”
Mandela is Woensdag na die Milpark-hospitaal vir “roetine toetse” geneem.
Deel jou Madiba-wense Madiba-muur-Deel-jou-boodskap-20110127">hier of stuur jou foto's na fotos@nuus24.com.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA