Macho mans verkies veilige seks
2011-11-24 15:26
New York – Jong mans met hoër vlakke van die hormoon testosteroon is dalk bekend vir gewaagde gedrag, maar hulle is ook meer bedag op veilige seks.
Navorsers van die Universiteit van Michigan in Amerika het 'n studie onder mans tussen die ouderdom van 18 en 19 onderneem en bevind mans met hoër testosteroonvlakke was meer bedag op veilige seksuele gedrag.
Die navorser Sari van Anders het gesê die bevindinge bewys dalk die mans beskou die aandrang op veilige seks as gewaagde gedrag.
“Voorheen het navorsing bewys mense is geneig om mense wat veilige seksuele gedrag toon in ‘n negatiewe lig te sien,” het Anders gesê.
“Een van die interessante aspekte uit dié bevindinge is dat dit die eerste is om ‘n verband tussen hoë testosteroonvlakke en verantwoordelike gedrag te trek,” het Anders gesê.
Die navorsing is in die Journal of Sexual Medicine gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.