'Maak landbou sexy om jeug te lok,' sê minister
2011-05-11 20:54
Kaapstad – Landbou moet sexy gemaak word sodat meer jongmense na dié sektor gelok kan word, het Tina Joemat-Pettersson, minister vir landbou, bosbou en visserye gesê.
Joemat-Pettersson was een van die sprekers op ’n beraad oor voedselsekerheid in Kaapstad wat deur Omega Investment Research aangebied is.
Joemat-Pettersson het gesê voedselonsekerheid heers steeds in landelike gebiede.
Sedert 1998 het 33% meer Suid-Afrikaners in armoede verval. Sy meen die landboubedryf moet nie net sexy gemaak word om jong mense te lok nie, maar ook finansieel aantreklik.
“Ons kan nie ’n geslag hê wat nie wil boer nie; ’n geslag wat boerdery sien as die dra van safari-pakke, kakiebroeke en hoog opgetrekte sokkies met ’n kam daarin nie," het sy gesê.
"As mense geld uit die landbou kan maak, het ons dit sexy gemaak,” het sy bygevoeg.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad