Maak die Vaaldam jou vriend op Facebook of Twitter
2011-03-23 19:00
Johannesburg – Informasie oor die Vaaldam sal binnekort op
Twitter en Facebook beskikbaar wees, het die departement van waterwese
meegedeel.
“Die idee is om informasie rondom water op ‘n
interessante en toeganklike manier aan te bied deur sosiale netwerke te
gebruik,” het woordvoerder, Linda Page, gesê.
Dit is ‘n gesamentlike projek tussen die
departement van waterwese en die Council for Scientific and Industrial Research
Meraka Institute.
Deur die Vaaldam op Twitter te volg of vriende met die Vaaldam op Facebook te word, sal jy elke nou en dan kan sien hoe dit met die Vaaldam gaan.
Reeds ‘n honderd Facebook-gebruikers is “vriende”
met die Vaaldam.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Finance24