Ma wat speel vermoor Kind (3) wat haar 'pla'
2010-12-23 12:20
Cheonan - 'n Ma van Suid-Korea is in hegtenis geneem nadat sy glo haar 3-jarige seun vermoor het omdat hy haar gepla het terwyl sy rekenaarspeletjies gespeel het.
Polisie het Woensdag laat blyk dat Kim, die 27-jarige ma, vir omtrent 10 uur per dag voor haar rekenaar gesit en speletjies speel het. Volgens owerhede het bure haar woning as 'n "sortingsterrein' beskryf waar haar kinders vir ure aaneen geskree en huil het.
Die ma, wat ook 'n ander seun van een jaar oud het, is vasgetrek nadat sy die drie-jarige seun verwurg het.
Dit het glo gebeur nadat die seuntjie die vloer natgemaak en gehuil het.
"Sy het gesê sy was so kwaad vir hom omdat sy wou rus nadat sy uitgeput was na ure se speletjies speel," het 'n polisiebeampte aan AFP gesê. Die beampte het bygevoeg dat die ma verslaaf is aan speletjies.
Sy het haar seun se lykie vir drie dae in die woonstel gelos nadat haar skoonfamilie die owerhede ingelig het.
- AFP