Lesers dok nou op om koerant aanlyn te lees

2010-07-03 06:46
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Johannesburg – Lesers wat die Britse koerante The Times en The Sunday Times aanlyn wil lees, moet van gister af £1 (sowat R11,74) vir ’n dag se toegang of £2 per week opdok.

The Times is die eerste hoofstroom-nie-spesialis-dagblad in Brittanje wat dit doen.

Die Wall Street Journal – wat net soos dié koerante ook aan Rupert Murdoch behoort – is tans die enigste groot koerant in Amerika wat lesers geld vir volle aanlyntoegang vra.

DieNew York Times het in Januarie aangekondig hy gaan vroeg in 2011 begin geld vra vir aanlyn-inhoud.

Volgens William Bird, uitvoerende direkteur van Media Monitoring Africa, lees betreklik min Suid-Afrikaners tans nuus aanlyn omdat min mense hier toegang tot die internet het.

Bird reken om in dié stadium geld vir algemene nuus te vra, sal nie werk nie. “Daar is net te veel nuusbronne, tensy jy op ’n nismark fokus.”

Soos wat meer mense internettoegang kry – byvoorbeeld op hul selfone – sal koerante dalk binne die volgende vyf jaar daarvoor begin geld vra, het hy bygevoeg.

Volgens hom kan ’n gemengde model, soos by Independent Newspapers waar lesers vir sekere berigte of artikels betaal, werk.

Prof. Anton Harber, Caxton-professor in joernalistiek aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê dit is onafwendbaar dat Suid-Afrikaners “op die lange duur vir nuus of inligting gaan moet betaal”.

“Die kwessie is hóé ons gaan betaal,” het hy gesê. “Daar is talle modelle: Op sekere webwerwe betaal jy vir alle inligting, op ander om diepte-artikels te lees, op ander vir toegang tot argiewe en op party sal jy per berig of artikel betaal.”

Volgens Harber kan koerante nie soos in die verlede net deur advertensies oorleef nie, omdat adverteerders nou soveel meer keuses het oor waar om te adverteer.

Sou koerante geld vir webwerftoegang vra, sal die gehalte van nuus baie goed moet wees. “Mense gaan nie betaal as hulle nie waarde sien nie,” het Harber gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.



- Volksblad

Lees meer oor: koerante  |  internet

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Raai watter helfte gaan die mees suksesvolle een wees..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 189,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.