Lady Gaga oorweldig Amazon
2011-05-24 08:17
New York - Aanhangers van die omstrede popsangeres Lady Gaga was Maandag verjeug toe hulle hoor 'Mama Monster' se nuwe
album, Born This Way, is vir slegs
$0.99 (sowat R7) op Amazon te koop.
Haar "Little Monsters," soos sy
aanhangers noem, het die aanlynwinkel oorrompel om digitale kopieë van die
album te hore te kry. Die webblad kon egter nie die aanvraag versadig nie en verkope
is vertraag.
“Amazon ervaar hoë aanvraag en die
aflaai van die album is vertraag,” het ‘n verklaring deur die maatskappy gelui. “As
kopers vandag bestel, sal hulle die volle album vir slegs $0.99 ontvang. Dankie
vir u geduld.”
Die skrif was egter aan die muur.
Gebruikers het woedend een ster resensies begin instuur, glo meestal oor
die swak diens, nie die gehalte van die deuntjies nie.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.