Lady Gaga kan Britney se Twitter-kroon steel
2010-08-20 10:59
New York – Die omstrede popsangeres Lady Gaga kan binnekort Britney Spears se aantal volgelinge op Twitter oorskry en die wêreld se top-Twitter-gebruiker word.
Teen Vrydagoggend het Gaga 5 654 792 volgelinge gehad terwyl Spears 5 659 277 mense het wat haar op die sosiale netwerk volg.
Met die spoed wat Gaga se aantal volgelinge groei, sal die “Bad Romance”-sangeres waarskynlik Spears se aantal volgelinge oorskry.
Spears het minder as drie maande terug die akteur Ashton Kutcher se top-plek by Twitter oorgeneem met die meeste gebruikers wat haar volg.
Die sosiale media statistiekdienste Famecount.com het bevestig dat Gaga se Twitter-volgelinge, 16 miljoen Facebook-vriende en gewildheid op YouTube haar die gewildste entiteit aanlyn maak.
Haar Twitter-kroon is egter nie ‘n sekerheid nie.
Met Justin Bieber se Twitter-volgelinge wat maandeliks met 800 000 groei, kan dié tienerster dalk Gaga binne ses maande verbysteek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters