Lady Gaga gaan boer op FarmVille
2011-05-11 19:01
Los Angeles – Lady Gaga gaan die treffers van haar nuwe album, Born This Way, deur ‘n gewilde sosiale netwerk-speletjie vrystel.
Mama Monster se aanhangers sal die deuntjies vóór die vrystelling van die album op die gewilde speletjie FarmVille kan luister.
Die speletjie se vervaardigers, Zynga, noem dit GagaVille.
“Ek wil die treffers met my klein monsters (haar aanhangers) op ‘n spesiale manier deel,” het Gaga gesê.
“Zynga het ‘n sprokiesagtige plek in FarmVille geskep, waar my aanhangers kan kom speel en na die liedjies kan luister.”
Volg Nuus24 op Twitter.