Lady Gaga die nuwe Tweet-koningin
2010-08-24 14:52
Kaapstad – Britney Spears moes haar Twitter-kroon amptelik aan Lady Gaga afstaan toe dié omstrede popster die mees gevolgde ster op Twitter word, berig CNN.
Spears (28) se 5 720 931 volgelinge was net-net nie genoeg om Lady Gaga se 5 699 039 ‘monstertjies’ te wen nie.
Lady Gaga het dié oomblik gevier deur ‘n video van haarself te tweet waar sy haar volgelinge hartlik bedank.
Sy’t haarself absoluut ingeleef in dié nuwe rol en ‘n kroon met Twitter se kenmerkende blou ‘t’ op, gedra.
“Ek wil al my mooi monstertjies bedank dat hulle my volg.
“Dankie vir die begin van my bewind as Twitter-koningin,” het sy gesê terwyl sy ‘n septer swaai.
“Mag julle naelvelletjies sag bly as julle tweet... mag julle nooit tikstersiekte ontwikkel nie.”