Laataand Facebook-glips? Nooit gesien...
2011-03-29 14:40
Kaapstad – Gaan uit, raak dronk, skryf liefdesboodskappe op jou eks-kêrel se Facebook-blad en tweet ‘n vernederende foto van jouself waar jy op 'n kroegtoonbank dans.
As dit bekend klink, kort jy dalk die iPhone-program wat dit alles in ‘n oogwink kan uitwis.
Last Night Never Happened is ‘n program wat jou help om beskuldigende digitale bewyse te verwyder.
Wat dit is:
Die program verbind met jou Twitter en Facebook-rekeninge sodat jy geselekteerde foto’s, inskrywings en tweets vir ‘n sekere hoeveelheid ure van die vorige aand kan verwyder.
Hoe dit werk:
LNNH laat jou toe om by die Facebook en Twitter-rekeninge in te teken en te kies hoeveel ure terug jy wil gaan om enige vernederende materiaal te verwyder.
Dit sluit in Facebook-foto’s en -inskrywings, sowel as tweets en direkte boodskappe.
Kliek hier om meer te lees.
Volg Nuus24 op Twitter