Laat slaap is in jou gene
2011-12-05 14:40
Londen – Mense wat hou van laat slaap het dalk nou ‘n verskoning – dit is in hul gene, het navorsers bevind.
Die navorsers het meer as 10 000 mense in Europa bestudeer en bevind mense met die geen ABCC9 het 30 minute meer slaap as mense sonder die geen nodig.
Een uit elke vyf Europeërs dra die geen, skryf die navorsers in die joernaal Molecular Psychiatry.
Hulle het gesê dit kan verskille in mense se drasties verskillende slaappatrone verduidelik.
Margaret Thatcher het byvoorbeeld met slegs vier uur per nag se slaap reggekom terwyl Albert Einstein 11 uur in die bed gebly het om sy slim kop te rus, berig die BBC.
“Hierdie insigte in die biologie van slaap sal belangrik wees om die gesondheidsuitwerking van slaap verder te bestudeer,” het Jim Wilson van die Universiteit van Edinburgh gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.