Kyk regstreeks hoe pikkewyn aansterk
2011-08-04 12:19
Wellington – Meer as 120 000 mense besoek die pikkewyn Happy Feet aanlyn om te sien hoe hy aansterk na hy ses weke gelede aan die kus van Nieu-Seeland gevind is.
Die mense kyk almal na ‘n regstreekse uitsending vanaf die Wellington-dieretuin waar die pikkewyn tans aansterk.
Happy Feet, vernoem na die 2006 animasiefilm, sal binne die volgende paar weke in die see by Antarktika vrygelaat word met ‘n GPS-toestel.
Die pikkewyn het siek geword toe hy sand, wat hy vir sneeu misgis het, gevreet het.
– Kliek hier om na die regstreekse uitsending te kyk.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP