Kyk TV-reekse op jou selfoon
2010-08-03 09:44
Kaapstad – Vodacom het ‘n diens vir 3G selfone geloods wat verbruikers in staat stel om hul gunsteling TV en musiekvideo’s op hul foon te kyk.
In samewerking met On Demand SA, het Vodacom ‘n selfoondiens bekendgestel wat selfs totale TV reekse op jou selfoon sal beskikbaar stel.
“Ons sal binnekort die eerste seisoen van die TV reekse beskikbaar hê en dit sal nie lank wees nie voor ons op datum is met die huidige seisoen,” het ‘n verteenwoordiger aan Nuus24 gesê.
Volgens Vodacom behoort die subskripsiefooi omtrent R75 per maand, of R20 per week vir beide voorafbetaalde verbruikers en kontrakhouers te wees.
TV reekse waarna verbruikers kan uitsien sluit Sex and the City, Lost, South Park en Grey’s Anatomy in.
Plaaslike TV reekse sal ook binnekort beskikbaar wees.
Kliek hier vir die volledige storie op News24.
- News 24