'Kuur vir vetsug is gratis – eet minder'
2011-10-07 10:15
Londen – 'n Kenner in Brittanje het gewaarsku vetsug raak ‘n “epidemie” wat miljoene mense doodmaak terwyl die kuur eenvoudig en verniet beskikbaar is.
Lord McColl van Dulwich, 'n voormalige chirurg, het Britse ministers daarvan beskuldig dat hulle mense “mislei” deur te sê oefening kan vetsug bestry.
“Die kuur is verniet – eet minder,” het hy aan hulle gesê.
“Dit maak miljoene mense dood en kos ons miljarde,” het McColl , ‘n voormalige direkteur by Guy’s-hospitaal in Londen, gesê.
“Ons lewe in ‘n vreemde wêreld. Die helfte van die wêreld sterf van honger, die ander helfte eet hulself dood.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.