Kutcher staak tweets oor seksbeskuldigings
2011-11-11 08:28
New York – Die akteur Asthon Kutcher, een van Twitter se gewildste gebruikers, het gesê hy sal vir eers ophou tweet.
“Ek sal onmiddelik ophou tweet tot ek ‘n behoorlike manier kry om hierdie nuusvoer te onderhou,” het Kutcher gesê.
Dié aankondiging volg nadat die akteur sy afkeur uitgespreek het oor die afdanking van ‘n Amerikaanse voetbalbreier, Joe Paterno.
“Hoe dank jy Jo Pa af? Dit is swak smaak,” het Kutcher getweet.
Hy het later sy tweet teruggetrek en erken hy het gedink Paterno se afdanking is in verband met voetbalkwessies en nie, soos wyd berig is, oor Paterno se betrokkenheid by 'n saak van beweerde kindermolestering nie.
“Ek voel aaklig,” het Kutcher kort daarna getweet. “Dit sal nie weer gebeur nie.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.