Kunsmatige vleis dalk oplossing vir oorbevolking
2010-08-16 12:45
Kaapstad – Daar word verwag dat meer as 9 biljoen mense teen 2050 op die planeet sal woon, en die uitdaging om almal van genoeg kos te voorsien, sonder om die omgewing te vernietig, raak al hoe moeiliker.
Dr. Philip Thornton van die Internasionale Lewendehawe-navorsingsinstituut (ILRI) in Nairobi meen kunsmatige vleis, wat in ‘n reuse-vaat gemaak word, is 'n moontlike ‘n oplossing.
Verskeie voorstelle is in ‘n reeks artikels deur die Royal Society gepubliseer.
Volgens dié artikels kry een uit elke sewe mense op Aarde nie genoeg proteïene nie en ly dié mense gevolglik aan 'n tekort aan energie.
‘n Finale verslag sal later hierdie jaar gepubliseer word.
- Vir die volledige storie besoek Telegraph.
- Volg Nuus24 op Twitter.