Kunsmatige panda gebore
2009-07-24 14:36
Beijing, China- China se eerste baba panda wat met behulp van kunsmatige inseminasie van gevriesde spermselle bevrug is, is pas gebore. Die geboorte gee nuwe hoop vir die voortbestaan van dié bedreigde spesie.
Die ma-panda, You You, het Donderdagoggend geboorte gegee by die Wolong reuse-panda navorsingsentrum in Sichaun.
Dit is You You se derde baba en die 10de panda wat hierdie jaar by die navorsingsentrum gebore is, maar die eerste wat met behulp van kusnmatige inseminasie ontwikkel het.
Die sperm wat gebruik is was al vir 'n paar gevries en is dié van die panda Lolo.
Panda navorsers sê dit is wêreldwyd die eerste suksesvolle geboorte van so ‘n aard.
"Ons het voorheen probeer, maar sonder sukses”, het Huang Yan, ‘n navorsingstegnikus van die Chinese panda bewaring en navorsingsentrum, gesê.
Kunsmatige inseminasie is al van te vore in ander lande uitprobeer, maar hierdie is die eerste keer dat ‘n baba panda lewendig gebore is.
-Sapa