Kuberseks-boewe teiken veral dié tieners

2011-05-13 07:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Kuberseks-misdadigers se teikens is meestal tieners tussen 16 en 18 jaar.

’n Studie deur Unisa se buro vir marknavorsing het getoon die meeste voorvalle van aanlyn-viktimisering – waar mense aan seks op die internet of op ’n selfoon blootgestel word – kom by tieners tussen 16 en 18 jaar voor.

Dié studie is verlede jaar op versoek van die Film- en Publikasieraad gedoen.

2 832 mense tussen 12 jaar en 25 jaar het daaraan deelgeneem.

Die resultate het gewys 16,95% van die deelnemers het al boodskappe of skakels oopgemaak van foto’s van kaal mense óf waar mense seks het.

15,82% het al ’n webwerf met sulke foto’s gevind, terwyl 17,79% al e-posse of boodskappe ontvang het met advertensies of skakels vir webwerwe met ’n X-gradering.

Byna 10% is al, terwyl hulle op die web besig was, gevra om ’n seksuele daad te verrig, terwyl bykans 6% gevra of aangemoedig is om van die huis af weg te hardloop.

21,46% van die deelnemers is gevra om oor seks te praat, maar het geweier.

“Aanlyn-viktimisering van die jeug neem verskeie vorme aan wat seksuele versoeke, seksuele teistering en blootstelling aan pornografiese materiaal insluit,” lui die studie.

“Die vernaamste vorm wat aanlyn-viktimisering onder jongmense aanneem, is wanneer ’n derde party, bekend of onbekend, met hulle seksuele praatjies wil maak terwyl hulle op die web is.

“Opwip-advertensies vir webwerwe met ’n X-gradering dra grootliks by tot die aanlyn-viktimisering van die jeug.”

Volgens die studie is mans en vroue ewe vatbaar vir aanlyn-viktimisering en is kinders so jonk as 12 jaar al daaraan blootgestel.

Daarby loop die jeug, hetsy hulle in die stad, platteland of in landelike gebiede woon, almal die gevaar om slagoffers van kuberseks-misdadigers te word.

Slagoffers beleef gevoelens van ’n gebrek aan respek, woede, angs en ongemak.

Hulle is gewoonlik alleen wanneer hulle dié gevoelens ervaar. Hulle benodig dringende steun om hul emosies te verwerk, lui die studie.

“Meer moet gedoen word om kinders teen aanlyn-viktimisering te beskerm, want dit veroorsaak langtermynskade.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Die beste plek sal in die middel van die Namib woestyn wees waar daar nie 'n druppel water is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 89,990.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

HYUNDAI

Getz 1.6 5-dr
2004
R 85,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.