Kuberkrakers dreig Hollywood-bekendes
2011-09-16 14:48
Los Angeles – ‘n Groep wat hulself Hollywood Leaks noem het verlede maand ‘n video op YouTube gelaai wat Hollywood-sterre met ontbloting dreig.
Die groep maak in die video bekend hulle is deel van die kuberaktivistegroep Anonymous en het belowe hulle sal die "Joods-beheerde media" en Hollywood-bekendes teiken.
Intussen ondersoek die Amerikaanse speurdiens die beweerde kraak van die aktrise Scarlett Johannson se selfoon na gewaagde foto’s van die Iron Man 2-aktrise aanlyn gepubliseer is.
Die FBI ondersoek tans ook ‘n soortgelyke kraak op die aktrise Mila Kunis se selfoon.
“Aandag Hollywood,” het die groep op die video Hollywood aangespreek. “Ons hou julle dop.”
“Die tyd van die Joods-beheerde media is verby. Ons gaan die media terug neem.”
“Ons het jul lewens, jul bloed, sweet en trane,” het die groep bygevoeg.
“Binnekort sal almal daaraan deel.”
“Julle kan hierdie as ons toespraak vir die Video Music Awards beskou,” het die groep die video afgesluit.
Kyk hier na die video.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24