Kuberkrakers dreig BlackBerry oor Londense buitmakers
2011-08-10 22:15
Londen – Kuberkrakers het die BlackBerry-vervaardigers Research in Motion gedreig met wraak as hulle Londense gebruikers se private boodskappe tydens onluste aan polisie beskikbaar stel.
Die groep, genaamd Team Poison, het RIM se amptelike blog gekraak en ‘n boodskap gelos wat die Kanadese maatskappy daarteen waarsku om die beweerde buitmakers se BlackBerry-boodskappe aan polisie beskikbaar te maak.
“Julle sal dit berou as julle die polisie help deur hulle toegang tot BlackBerry-boodskappe, GPS-koördinate en gebruikersinligting te gee,” het die boodskap gelui.
Die boodskap het ook gelui die groep sal RIM se werknemers se persoonlike inligting aan die buitmakers bekendmaak as RIM nie hul samewerking gee nie.
“Wil julle regtig ‘n klomp vyandige jongmense op jul werknemers se voorstoep hê?” het hulle gewaarsku. “Dink daaroor.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP