Kuberkrakers beplan eie sosiale netwerk
2011-07-19 13:12
New York – Die kuberkrakergroep Anonymous het gesê hy sal sy eie sosiale netwerk op die been ná die groep se profiel van Google+ verwyder is weens inhoudoortredings.
Die groep se blad, genaamd “Your Anon News” is vroeër vandeesmaand van Google se nuwe sosiale netwerk verwyder omdat van die inhoud glo Google+ se inhoudsbeleid oortree het.
“Dit is een van die realiteite op die internet as mens kies om ‘n ander paadjie te loop,” het die groep op hulle Tumblr-profiel geskryf.
Hulle het ook AnonPlus, “’n nuwe sosiale netwerk waar daar geen vrees of sensuur is nie,” bekendgestel.
AnonPlus.com is tand egter slegs ‘n tuisblad waar die groep hulle idees oor die beplande sosiale netwerk verduidelik.
“Dit is nie net vir Anonymous nie, dit is vir almal,” word op die webwerf verklaar.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.