Kuberkraker kry 20 jaar tronkstraf

2010-03-26 12:51
Tweets Share Share line Print

Boston – Een van die wêreld se mees berugte kuberkrakers is met 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld erken het op kuber-misdade.

Albert Gonzalez, ‘n 28-jarige man van Miami, het gehelp om ‘n span te lei wat maatskappye se rekeninge gekraak het en meer as 40 miljoen kredietkaartnommers gesteel het.

Dit was die swaarste vonnis wat nog ooit vir ‘n rekenaarmisdaad in die VSA uitgespreek is.

Volgens Stephen Heymann, ‘n advokaat, het Gonzalez en sy makkers sowat $200 miljoen (R1,5 miljard) se skade aan besighede gerig.

Heymann sê dis onmoontlik om vas te stel hoeveel geld gesteel is.

“Hulle het letterlik na OTM's gegaan en bondels geld uit hul slagoffers se rekeninge gesteel,” het Heymann in die hof gesê.

Gonzalez, wat aanvanklik met 25 jaar gestraf sou gewees het, het die regter om genade gevra.

Hy het vertel hoe hy van kleins af aan rekenaars verslaaf was, alkohol en onwettige dwelms misbruik het en aan simptome van Asperger-sindroom, ‘n vorm van outisme, gely het.

Gonzalez, wat $1 miljoen (sowat R7,4 miljoen) se kontant in sy ouers se tuin begrawe het, het gesê dat sy misdade buite beheer geraak het aangesien hy nie sy “nuuskierigheid en verslawing” kon keer nie.

Sy tyd agter tralies kan dalk verleng word aangesien ‘n ander regter hom Vrydag sal vonnis vir ‘n twee stel klagtes teen hom.

- Reuters

Lees meer oor: kubermisdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Beteken dit nou ek sal moet opstaan om die kanaal te verander? Ag dan los ek dit maar op supersport. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 135,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.