Kuberaanval gee PayPal gevoelige slag

2011-07-28 08:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Boikot deur die aanlyn-terreurgroep Anonymous op die Amerikaanse internetbetaaldiens PayPal het Woensdag veroorsaak dat eBay se aandeelprys só gedaal het dat sy markapitalisasie met byna $1 miljard (R6,6 miljard) getuimel het.

PayPal behoort aan eBay.

Anonymous het Woensdagoggend omstreeks 07:00 Suid-Afrikaanse tyd die boikot teen PayPal begin en het mense gevra om hul PayPal-rekeninge te sluit.

Hulle is ongelukkig omdat PayPal vroeër nie meer geld wat ondersteuners aan Wiki­leaks geskenk het, oorbetaal het nie.

Verder is hulle woedend omdat die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) een van hul lede, Mercedes Haefer, ’n 20-jarige student van Las Vegas, gearresteer het omdat sy PayPal na bewering met ’n DDOS-aanval (distributed denial of service) geteiken het.

Sy kan 15 jaar tronkstraf en ’n boete van $500 000 (R3,3 miljoen) kry as sy skuldig bevind word.

Anonymous het Woensdagoggend in ’n verklaring PayPal as “korrup” en “gierig” beskryf.

Luidens die verklaring is ’n DDOS-aanval nie skadelik nie.

Die FBI is volgens Anonymous slaggereed om dié wat betrokke is by “etiese, moderne kuberoperasies”, te arresteer en te dreig.

Die groep sê hulle is “gewalg deur dié onregte en sal nie toelaat dat ons deur korporasies of regerings vertrap word nie”.

Anonymous het Woensdagaand op Twitter beweer meer as 35 000 mense oor die wêreld heen het hul PayPal-rekeninge gesluit.

Baie het dit ter ondersteuning van die boikot gedoen, terwyl ander bang was hul kredietkaartbesonderhede kan misbruik word.

1 200 PayPal-kliënte het na raming hul rekeninge in die eerste vyf uur van die boikot gesluit.

Anonymous het ook op Twitter gesinspeel dat hulle by PayPal se stelsels gaan inbreek en dat “’n verrassing moontlik later op eBay wag”.

As hulle ’n kuberaanval op PayPal begin, sal dit waarskynlik met ’n DDOS wees. Daarna sal ’n inligtingskending (data breach) waarskynlik volg en die vrystelling van inligting aan die publiek met die moontlikheid dat inligtingdiewe (data scroungers) wagwoorde na rekeninge kry en dit teen gebruikers gebruik.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Die Burger

Lees meer oor: paypal  |  kuberaanvalle  |  anonymous

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.heila.viljoen sê... Asb, moet die belastingbetallers weer betaal vir n partytjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 89,990.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

HYUNDAI

Getz 1.6 5-dr
2004
R 85,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.