Kry vir jou ‘n mooi baba
2010-06-23 10:09
Kaapstad - Die omstrede webblad Beautifulpeople.com, ‘n blad vir slegs aantreklike alleenlopers, het nou ook ‘n aanlyn eiersel- en spermbank bekend gestel vir mense wat graag mooi kinders wil kry.
Beautifulpeople.com bied alleenlopers met die geleentheid om ‘n lewensmaat te ontmoet, maar het vet en onaantreklike mense van hul blad verban.
Die nuwe diens, wat heet "Beautiful Baby", werk op dieselfde riglyne en aanvaar net aantreklike skenkers se sperm- en eierselle. Die webblad laat wel toe dat ‘relatiewe’ onaantreklike mense by die diens kan baat en mooi kinders die wêreld inbring.
Lees hier meer.