Krokodil buite gevaar

2011-11-11 07:01
Tweets Share Share line Print

George – Liz, ’n drie meter lange krokodil by ’n wildbesigtigingsentrum op Oudtshoorn, is buite gevaar nadat ’n Coke-blik Dinsdag uit haar maag verwyder is.

Dié 25 jaar oue krokodil het verlede Donderdag die blikkie ingesluk nadat ’n besoeker dit vermoedelik in haar kamp gegooi het, het Tammy Moult, woordvoerder van die Cango Wildlife Ranch, Donderdag gesê.

“Die krokodil het die blikkie ingesluk voordat iemand dit kon verwyder. Sy is goed dopgehou en hoewel sy geen tekens van ongesteldheid getoon het nie, is daar besluit om haar as ’n voorsorgmaatreël na ’n plaaslike veearts, dr. Glen Carlisle, te bring.”

Die dam waar sy bly, is eers leeggetap en daarna is sy verdoof en agterop ’n bakkie na Carlisle se spreekkamer vervoer. Hier het sy agt uur deurgebring.

In die spreekkamer is die krokodil weer verdoof en haar bek oopgemaak en gestut. Carlisle, wat op die grond moes lê, het haar maag met behulp van ’n endoskoop – ’n lang buis met ’n kamera en lig daaraan – ondersoek.

Volgens Moult was die blikkie tussen hompe vleis en water in die maag sigbaar. Aanvanklik is probeer om die blikkie met behulp van ’n haak uit te trek, maar dit was tevergeefs. Daar is toe besluit om die water uit die krokodil se maag te pomp, ’n sny van 12 cm in die linkersy te maak en die blikkie uit te haal.

Nadat die sny toegewerk is, is die krokodil terug na die wildplaas gebring. Sy word tans alleen aangehou en is buite gevaar.

Die personeel van die wildplaas beoog om die blikkie in bewusmakingsveldtogte te gebruik, het Moult gesê.

“Ons wil voorkom dat so iets weer gebeur.

“Iemand se onverantwoordelike optrede het onnodige trauma vir die krokodil veroorsaak en dit het ’n lang en duur operasie tot gevolg gehad.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.heila.viljoen sê... Asb, moet die belastingbetallers weer betaal vir n partytjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 89,990.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

HYUNDAI

Getz 1.6 5-dr
2004
R 85,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.