Mosselbaai gedwing om seewater te ontsout

2010-05-25 09:05
Tweets Share Share line Print

George - Seewater gaan vir menslike gebruik in Mosselbaai ontsout word om dié gewilde Suid-Kaapse kusdorp se waterkrisis die hoof te bied.

Op ’n droogte-indaba wat Maandag hier gehou is, het dit aan die lig gekom dat die dorp net genoeg skoon water tot die eerste week van Augustus het as dit nie reën nie.

Die Wolwedansdam, Mosselbaai se belangrikste waterbron, is tans 23% vol.

PetroSA is egter op die helfte van dié water geregtig. Tans daal die vlak van die dam met sowat 0,8% per week. Die munisipaliteit gebruik 12MF per dag, terwyl PetroSA 15MF gebruik.

Gerhard Otto, hoof van rampbestuur in die Eden-distriksmunisipaliteit, het gesê die situasie in Mosselbaai is kritiek.

Die planne vir ’n ontsoutingsaanleg met ’n aanvanklike vermoë om 10MF vars water te verskaf, is gereed. PetroSA het onderneem om geldelik tot dié aanleg by te dra. Dit sal uiteindelik 15MF water per dag kan ontsout. Die koste van die projek beloop tussen R130 miljoen en R140 miljoen en dit sal in November in bedryf wees.

Die plan is om dit naby Voorbaai te vestig. Pomptoerusting sal in die diepsee geplaas word om die water na Mosselbaai te pomp. Dit is duurder, maar die water wat verskaf word, is van ’n hoër gehalte.

Otto het gesê dit is moontlik dat Mosselbaai uiteindelik die George-munisipaliteit vir waterhulp kan vra. Die politieke leiers sal daaroor moet besluit.

Volgens Otto gaan huishoudelike waterverbruik van 20kF per maand tot 15kF of selfs 10 kFper maand per beperk word.

Daar is drie hoofverbruikers van water in die Mosselbaai-omgewing: landbou, die munisipaliteit en PetroSA. Die landboubedryf is versoek om sy onttrekkings te meet sodat gesien kan word hoeveel water die boere uit die Wolwedansdam pomp.

PetroSA is versoek om vas te stel hoe hy sy waterverbruik kan verminder.

Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: water  |  droogtes  |  natuurrampe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.heila.viljoen sê... Asb, moet die belastingbetallers weer betaal vir n partytjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 89,990.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

HYUNDAI

Getz 1.6 5-dr
2004
R 85,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.