Kosverbruik: Wat eet SA?
2010-03-25 05:27
Kleintyd al het ek geleer dat mielies ‘n stapelvoedsel in Suid-Afrika is. Groot woorde destyds, maar die vraag is nou of dit wat ek toe geleer het, steeds waar is en hoe vergelyk die verbruik van ander produkte daarmee?
In dié artikel is antwoorde oor die verbruiks- en bestedingspatrone van voedsel in Suid-Afrika. Die verbruik word aangedui in kilogram per persoon per jaar en die verbruiksbesteding in miljarde rande per jaar.
Mielies is inderdaad nog dié landbouproduk met die hoogste verbruik per persoon in Suid-Afrika. In 2008 is 73,24 kg mielies per persoon verbruik.
Dit is meer as 6 kg per maand vir elke persoon in die land!
Dié verbruik het heelwat afgeneem van die meer as 80 kg per persoon in die jare 2000 tot 2005.
Dié 73,24 kg is ook ‘n baie groot afname in vergelyking met die meer as 100 kg per persoon in die laat sewentigerjare. Meer hieroor later.
Koringverbruik herstel
Koring, teen 51,98 kg per persoon, is besig om ietwat te herstel nadat dit vir sowat 15 jaar minder as 50 kg per persoon was.
Dit is die hoogste koringverbruik sedert 1998. Koring was voor 1990 meer as 60 kg per persoon. Nogtans is die verbruik van hierdie twee produkte (mielies en koring) steeds aansienlik hoër as enige ander landbouproduk.
Lees meer op landbou.com.