Kopluise in Wes-Kaap en Gauteng-skole
2011-03-17 17:00
Johannesburg – ‘n Kopluis-pandemie het Suid-Afrikaanse skole, veral in Gauteng en die Wes-Kaap getref, het ‘n farmaseutiese maatskappy Donderdag gewaarsku.
“Almal loop die risiko, aangesien kopluise baie aansteeklik is,” het Giulia Criscuolo, woordvoerder van OTC Pharma, in ‘n verklaring gesê.
Kopluise is klein, vlerklose parasiete wat in menslike hare woon en van klein hoeveelhede van die persoon se bloed lewe.
Hul eiers lyk soos klein geel, room of bruin kolletjies voordat hulle uitbroei en word dikwels misgis vir skilfers.
Dié parasiete se byte veroorsaak dat die vel jeuk en kan tot infeksie lei.
Volgens Criscuolo bevat baie produkte wat teen luise werk potensieel skadelike chemikalieë wat irritasie kan veroorsaak.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA